MAN ON FIRE

Met die onlangse ontvoering en tragiese gevolge van die Leigh Matthews-sage, is MAN ON FIRE aktueel. ‘n Vasberade maar siniese voormalige geheime agent word gehuur om ‘n rykmansdogtertjie, Dakota Fanning, op te pas. Ontvoerders soek haar. Sal hy haar beskerm?

MAN ON FIRE is ‘n FAST FORWARD fliek. Tony Scott is die regisseur, en hy snel net van hoogtepunt na hoogtepunt. Hy is so bang jy raak verveeld, dat daar min sprake van karakterisering is. Dis aksie, hoogskopvermaak, glansvertolkings en ‘n kitsstorie.

Maak geen fout nie, MAN ON FIRE is knap en sal jou só boei, jy sal vergeet om springmielies te koop. Die dramatiese einde maak mens duiselig, maar dis als oppervlakkige vermaak. MAN ON FIRE dus NET as jy dink KING ARTHUR is te donker en jy wil laaglê. 7 uit 10