Masters of the Air (Reeks)

Masters of the Air (Reeks)

MASTERS OF THE AIR op Apple TV+ is ‘n macho-avontuur met baie borshare. Daarom word dit veral vir manne aanbeveel wat nog nooit die seuntjie in hulle afgesterwe het nie, of wat ‘n gefrustreerde avonturier is.

Dit speel gedurende die Tweede Wêreldoorlog af, en gaan oor brawe vlieëniers wat Duitsland in 1943 moes inval en die vyand ‘n paar bom-opstoppers gee. Maak dus gereed vir vliegtoertjies en vliegtuie wat so naby verbyvlieg, dit voel of hulle uit die TV-skerm gaan bars.

Kameraderie, broederskap en patriotisme is die helde in MASTERS OF THE AIR wat woes met jou verbeelding smokkel. Daar gebeur nie altyd veel nie, en wanneer dit gebeur, is dit soms geforseerd, want hoe lank kan jy ook na aantreklike manne kyk wat in vliegtuie rondvlieg?

MASTERS OF THE AIR is suiwer aksie-vermaak vir manne wat na avontuur smag en vroue wat kans soek om vir ure na mooi manne te staar.