Maya the Bee 3: The Golden Orb

Maya the Bee 3: The Golden Orb

Die derde aflewering in die animasiereeks: MAYA THE BEE 3: THE GOLDEN ORB is blitsvinnige en opgepiepte oulike animasie. Kleintjies sal hulle vergaap aan die lomp, maar wyse Maya en die foute wat sy maak. En wat gebeur as sy die ander insekte onwetend ontstel? Ouerlike toesig word voorgestel, maar dit is so veilig en smaaklik soos ‘n flieklolliepop.