Memory

Memory

Wat gebeur wanneer ‘n booswig en sluipskutter, aan die einde van sy loopbaan, aan Alzheimers begin ly? Hy het belangrike inligting wat die polisie kan help, maar besef amper te laat hy moet die gereg help. Hierdie aksiefilm met Liam Neeson is ‘n snapsie beter as gewoonlik. Al lewer Neeson dieselfde hardebaard-vertolking as tevore, is die storie só knap geskryf, dat jy gefassineer mag kyk.