15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Fliekrubriek | Minx (Reeks / Showmax)

Minx (Reeks / Showmax)

18 Augustus 2023
7/10
18 S N L
Regisseurs: Rachel Lee Goldenberg, Max Winkler
Akteurs: Ophelia Lovibond, Jessica Lowe, Oscar Montoya, Lennon Parham, Idara Victor, Jake Johnson

Deesdae, met die manne wat ook in die mode raak omdat hulle eina-kort-kort broekies modelleer, kom die vraag opnuut na vore. Die meeste reekse word uit die manlike oogpunt vertel. Hoekom word die vroulike visie so afgeskeep?

Die heerlike reeks, MINX, verander alles. Nes Welcome to Chippendales, vertel dit die ware verhaal van ‘n tydskrifredakteur, wat gewaag het om mans in hulle adamspakke te wys. In die vroeë jare sewentig het ‘n uitgewer besluit om ook prikkelprinse te skep, wat nie skaam is om uit te haal en te wys nie. En nou vertel ‘n donker komedie, met ‘n aweregse houding, hoe manne op middelblaaie verskyn en iets meer vir vroue gebied het.

Maar die storie na sukses was nie so maklik nie, en ‘n feminis moet teen haar grein ingaan om die tydskrif suksesvol te maak. Dan span sy boonop kragte saam met ‘n chauvinis. Die redakteur word gespeel deur Ophelia Lovibond, en is heerlik gevat en dapper. Jake Johnson blink uit teenoor haar as die chauvinis.

Jy sal lag, hand voor die mond klap vir gewaagde tonele, maar moontlik heerlik giggel oor wat agter die skerms gebeur het, terwyl die manne so gewaagd rondpronk.1

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: