12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 15:00

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 15:00 - 15:05

Nuus

15:05 - 15:20

Middagvervolgverhaal

Tuis | Fliekrubriek | Monster Family 2

Monster Family 2

5 November 2021
5/10
PG V
Regisseur: Holger Tappe
Akteurs: Ewan Bailey, Daniel Ben Zenou, Jessica Brown Findlay, Emily Carey, Nick Frost, Jason Isaacs, Catherine Tate, Emily Watson

MONSTER FAMILY 2 is so skadelik soos ‘n ekstra kalorie in jou melkskommel. Dis die vervolg op die eerste animasiefliek waarin daar met monsters soos Dracula, die Mummy, weerwolwe, Frankenstein se monster en ander grieselgeeste gespot is. In hierdie animasiefliek moet twee tieners, ‘n meisie met supersoniese kragte en ‘n bebrilde bleeksiel, ‘n monstervrou red van ‘n gruwelplan. Die uiterstes waarnatoe die karakters en hulle ouers gaan, sal jou in jou spingmieliesout laat stik.

Dit is nie my soort vermaak nie, maar as gesinne die naweek saam vir animasiemanewales wil gil, waar die waarheid bollemakiesie van skone baldadigheid slaan, mag jy lag vir MONSTER FAMILY 2.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: