MONSTER HUNTER

MONSTER HUNTER

In MONSTER HUNTER takel Milla Jovovich ‘n draak groter as die Eifeltoring. Dit is gegrond op ‘n videospeletjie, wat beteken dit is groter as die lewe self. Maak jou dus gereed vir ‘n geweldige aanslag op die sintuie. Jovovich en haar kamerade word na ‘n vreemde wêreld vervoer waar ‘n draak hulle teister. Die draak en ander rare kreature raak so groot hulle kan nie in die rolprentskerm inpas nie. Mens verwag dat die silwerdoek enige oomblik gaan skeur.

Dit is speelgoed-gewelddadig, en selfs wapens wat vuur spoeg doen niks aan die draak nie. Hoe gaan een vrou, in beheer van ‘n groep dapper stoppelbaardvegters, hom oorwin? Dis is tienerkos, dus sal hulle eerder plesier uit MONSTER HUNTER kry. ‘n Videospeletjie as film. Vir my is dit ‘n 5 uit 10, maar tieners sal dink dit is baie meer werd.