Morbius

Morbius

‘n Mens daag vol verwagting by MORBIUS op. Die rolverdeling sluit in die verkleurmannetjie Jared Leto as ‘n biochemikus wat besef hy ly aan ‘n bloedsiekte. Hy voel meer tuis tussen vlermuise as tussen mense. Maar iemand is agter sy bloed aan. Letterlik. Boonop is dit gebaseer op ‘n Marvel strokieskarakter, dus weet jy: dis die ene spesiale effekte, die storie is so dun soos die aartjies op vlermuise se vlerkies, en die film so donker jy soek na die bedliggie. Dit was ‘n groot teleurstelling, want jy kyk net na prentjies van vlermuise wat om en om tol en stede wat vervorm. Moontlik sal mense wat die strokie en die karakter ken van hom hou, maar my horlosie was interessanter as MORBIUS. Dis donker en knellend, en kry 4/10 suiwer vanweë die tegniese toertjies.