Murder by the Coast

Murder by the Coast

Die dokumentêr, MURDER BY THE COAST, vra die tergende vraag: hoeveel mense sit onskuldig in die tronk vir ‘n moord wat hulle nie gepleeg het nie? Hierdie ware verhaal gaan oor ‘n jong meisie wat vermoor word. Haar ma se vervreemde lesbiër-minnaar word van die moord verdink, maar daar is geen bewyse nie. Tog word sy in hegtenis geneem. Hoekom?

MURDER BY THE COAST skok jou met hoe dikwels die polisie mense in hegtenis neem bloot om ‘n saak af te handel en te spog dat hulle die  moord opgelos het. Dis wat in ‘n Spaanse dorp gebeur het, en die vraag ontstaan: was dit ‘n homofobiese arrestasie? Dis eers wanneer ‘n tweede moord op soortgelyke wyse gepleeg word wat die waarheid uitkom.

MURDER BY THE COAST is in Spaans met byskrifte en verg konsentrasie. Dit volg ‘n polisie-ondersoek wat sommer aanmekaargeflans is, amper soos met die Madelein McCann-saak in Portugal. Die regisseur ontbloot die polisie se misstappe, maar wys ook hoe hulle slordige ondersoek ‘n lewe vernietig het.