MUSIC

MUSIC

MUSIC gaan oor ‘n wilde-Willemien meisiekind wat ‘n draak sommer met tamatiesous sal eet, briljant gespeel deur Kate Hudson. Sy moet na haar outistiese halfsussie, genaamd Musi, omsien, maar die kind tree vreemd op. MUSIC het groot kritiek op die lyf geloop omdat ‘n outistiese persoon deur iemand gespeel is wat nie op die outismespektrum is nie.

Music en haar woeste verstrooide en verflenterde suster beleef saam die mees rare avonture, meestal op die maat van musiek. Wees ernstig gewaarsku: Dit wys in teaters, onder andere IMAX, en jy sal ná 15 minute besef: jy sal dit met ‘n lied in die hart en ‘n traan deursit, of halfpad die hasepad kies. Dis uitbundig, dis raar, dit wys hoe elke mens sy of haar plekkie in die wêreld kan vind, en dat die liefde en begrip vir mekaar enigiets kan oorkom, maar dis beslis nie vir almal nie. Dink baie goed voor jy kaartjies by die teater koop vir MUSIC.