My Brilliant Friend (TV-Reeks / Showmax)
My Brilliant Friend (TV-Reeks / Showmax)

My Brilliant Friend (TV-Reeks / Showmax)

MY BRILLIANT FRIEND se eerste reeks was vir my die beste televisiedrama, en die mees boeiende, meesleurende bobaas-storie wat ek in jare gesien het. Reeks 2 is nou beskikbaar om gestroom te word. Dit gaan oor twee beste Italiaanse vriendinne, Luna en Lila, wat in die jare 50 in Italië, wat hard gevry het na sosialisme, meegevoer word deur ‘n politieke stroom wat hulle vriendskap grendel. As jy die eerste reeks gesien het, die tweede reeks is eweneens briljant en is televisie op sy allerbeste.

Die weergalose skote van Italië, die verskillende vriendskappe wat die vroue uitmekaar skeur, die vakansies op sondeurdrenkte Italiaanse strande, en twee aktrises wat ‘n barshou speel, maak MY BRILLIANT FRIEND bobaas-vermaak. Dit is sonder twyfel 10 uit 10 werd, in Italiaans met byskrifte. Ai, daar val die gehoor met 50%. Maar jy moet die gesprekke, verraad, leuens en liefde in sy oorspronklike taal, Italiaans, hoor. MY BRILLIANT FRIEND, ook genoem L’Amica Geniale, sal jy nooit vergeet nie, want ‘n goeie storie is die belangrikste element van enige draaiboek.