My Octopus Teacher (Rolprent / Netflix)
My Octopus Teacher

My Octopus Teacher (Rolprent / Netflix)

MY OCTOPUS TEACHER is gemaak deur onder andere Craig Foster, wat saam met sy broer Damon destyds The Great Dance, a Hunter’s Story gemaak het. Craig, in sy rustige stem, vertel hoe hy maande lank met ‘n seekat vriende gemaak het, en wat hy alles van hierdie unieke, slim seekat geleer het. Die hele wêreld praat daaroor en almal wat MY OCTOPUS TEACHER gesien het, is in vervoering daaroor, want dit is GLAD nie wat jy verwag  nie. Geen droë dokumentêre pratende koppe nie, maar ‘n seekat wat jou tot diep in die see verlei. Dit is een van die mees asemrowende en fenomenale ervarings wat jy op televisie kan hê. Ek kan dit nie sterk genoeg aanbeveel nie. Gee MY OCTOPUS TEACHER ‘n kans. Dis in ‘n ander klas.