My Son

My Son

MY SON is ‘n Engelse weergawe van die Franse film, Mon Garçon. Buitelandse resensente het hierdie fliek aan flarde geskeur soos hiënas wat op ‘n wildebeeskarkas toesak. Ek stem nie saam met daardie venynigheid nie. Nie alleen is dit visueel oorweldigend nie (dink aan die skoonheid van die Skotse Hooglande waar dit dié slag voltrek word, reën, mis, berge, lochs en al), die storie is die eintlike aantrekkingskrag. Dis boeiend en opkikkerend.

‘n Skot (James McAvoy) keer terug na Skotland om sy vrou (die uitstekende Claire Foy) te help soek na hulle seun wat verdwyn het. Wat het gebeur?

McAvoy het nooit ‘n teks gehad nie, en alles wat jy van hom sien is hoofsaaklik geïmproviseer, en het hom verras. MY SON behoort jou te knel en skok. Daar is tye wat jy letterlik op die rand van jou stoel sit. Dis dramaties en pakkend.