My Sweet Monster

My Sweet Monster

MY SWEET MONSTER is die verbeeldingryke titel van ‘n tekenprent, waar ‘n parmantige prinses verlief raak op ‘n sprokiesprins. Maar is hy werklik so aantreklik? En wat beplan die nare klerk wat briewe sorteer vir haar? Want hy is verlief op die prinses. Hoe nou gemaak?

Die tekeninge is asemrowend realisties – nie alleen die paleis en die dekor nie, maar die natuur, veral wanneer die wêreld verys. Dis verstommend wat tekenaars kan regkry. Jy sal vroeg presies vermoed wat gaan gebeur, maar die kleingoed mag verwonderd staar na vermaak wat drie verdiepings hoog is. MY SWEET MONSTER is… nou ja, oulik.