Natalie Wood: What Remains Behind (Showmax)

Natalie Wood: What Remains Behind (Showmax)

Sy was een van die mees geliefde aktrises van die vorige eeu, veral bekend om haar vertolkings in Rebel without a Cause teenoor James Dean, West Side Story en haar laaste fliek, 1983 se Brainstorm, voordat sy tragies verdrink het. Ons praat hier van Natalie Wood. Die verdrinking het plaasgevind nadat sy vermoedelik oorboord van ‘n plesierboot geval het tydens ‘n partytjie met Christopher Walken en haar man Robert Wagner. Soveel teorieë, soveel miskonsepsies, soveel ander stories wat kop uitsteek.

Dis waaroor die dokumentêr oor NATALIE WOOD: WHAT REMAINS BEHIND gaan. Mense wat graag na dokkies kyk oor bekende mense, veral rolprentsterre, en wil hoor wat regtig agter die skerms gebeur het, veral uit die oogpunt van hulle kinders of mense wat hulle geken het, met teorieë oor haar dood, mag van NATALIE WOOD: WHAT REMAINS BEHIND hou. Dit word ekonomies, boeiend en meelewend in visuele vorm vertel.