Nightmare Alley

Nightmare Alley

Ek moet waarsku: NIGHTMARE ALLEY deur Guillermo del Toro, die bobaas van eksentrieke flieks, is ‘n film noir. Alles gebeur in die skadu’s. Dit gaan oor die donker kant van jou siel. ‘n Booswig (Bradley Cooper) in die jare 40, ontdek ‘n pretpark met lelike geheime. Hy besluit om munt hieruit te slaan. Hy kom egter sy moses tee in Cate Blanchett as ‘n terapeut, en hy leer sy heiland in die donker ken.

Alles is stylvol en in donker kleure geskakeer, en daar is skokkende tonele. Ek moet waarsku. Die film is pragtig visueel, en wat stelinkleding betref, is dit foutloos. Tog is dit ‘n aangeleerde smaak wat ek nie ‘n date movie of afspraakfliek sal noem nie. Dis ‘n eksentrieke en donker, ontstellende fliek.