OPERATION VARSITY BLUES: THE COLLEGE ADMISSIONS SCANDAL

OPERATION VARSITY BLUES: THE COLLEGE ADMISSIONS SCANDAL

Twee bekende aktrises, Felicity Huffman van Desperate Housewives faam en Lori Laughlin, het die skelm Rick Singer miljoene dollar betaal om te sorg dat hulle kinders in die kollege of universiteit van hulle ouers se drome toegelaat word. Die ouers is betrap, en al die ouers, letterlik honderde, is tronkstraf opgelê. Maar wat het met Singer gebeur? Het hy vrygekom?

‘n Mens staar oopmond na die gebeure en dit betreur die geweldige druk wat ouers op hulel kinders plaas om te presteer. Daardie druk laat sommige selfdood pleeg of ineenstort. Sommige ouers verwesenlik hulle drome deur hulle kinders se lewens vir hulle te leef. Maar hoe vermetel kan ‘n skurk soos Rick Singer wees om hierdie ambisies te misbruik?