Oslo

Oslo

In OSLO probeer ‘n doodgewone Skandinawiese paartjie (Ruth Wilson en Andrew Scott) om die strydende Palestynse Bevrydingsorganisasie en die Joodse regering bymekaar te bring om te kyk of hulle nie vrede in die Midde-Ooste, spesifiek die Gasa-strook, kan bewerkstellig nie. Wat die rolprent so besonders maak, is omdat ons hier met buitestaanders in Noorweë te make het wat ‘n onmoontlike taak probeer verrig – om twee strydende faksies nie alleen om dieselfde tafel te kry nie, maar om oor vrede te praat. Dit word met beheersing, sofistikasie en ‘n intelligente, onsensasionele aanslag gedoen. OSLO is nie wat jy verwag nie.