Oxygen

Oxygen

OXYGEN is ‘n gevangenisskapfliek met ‘n sterrestelselverskil. ‘n Pragtige meisie, na wie mens graag vir 90 minute kyk (Mélanie Laurent) word in die ruimte wakker. Sy besef sy is op ‘n ruimtereis om ‘n planeet te koloniseer. Die storie gaan voort met skokke wat soos torre om ‘n kersvlam dobber. Jy is vir 90% van die tyd saam met haar vasgekeer. Daar is terugflitse wat haar laat terugdink aan die aarde. Sal sy lewend uitkom? Want die reis duur 80 jaar. Dis ‘n gemiddelde fliek wat ek tussen tjip en dip en aandete sal verorber. Nie juis opwindend nie, maar nie ‘n mors van tyd nie.