Amerikaners is versigtig vir die pynstillers wat aan hulle voorgeskryf word, want sommige kan erg verslawend raak, soos Glen Kryger (Taylor Kitsch) tot sy spyt uitvind. Ná ‘n werksongeluk ly hy aan kroniese rugpyn en begin OxyContin gebruik. Maar dit maak hom besete wanneer sy tablette opraak en hy dit nie weer kan kry nie.
PAINSTILLER ondersoek hoe hierdie krisis begin het. ‘n Geslepe sakeman bemark sy produk deur vietse meisies te huur om veral dokters te oortuig om dit sommer net voor te skryf sonder kontrole. Dit veroorsaak dat die pil misbruik word, en tot mense se dood aanleiding gee.
PAINSTILLER sal jou onthuts. Die vermetele verwaandheid van die maatskappy wat hieragter sit, en hulle mag in die sakewêreld, word betreur, maar niemand kan iets daaraan doen nie. Hulle is te magtig. Dan bars die pynstillerbom. Kyk na PAINSTILLER as jy eintlik verwese wil sit oor korrupsie, wat doodeenvoudig gedy ten spyte van lewensverlies.