Penguin Town (Reeks)

Penguin Town (Reeks)

PENGUIN TOWN is só vermaaklik dat jy dit beswaarlik as ‘n dokumentêr kan beskryf. Dit word as ‘n vermaaklike storie vertel, en speel in Suid-Afrika in Simonstad af. Die reeks kyk hoe pikkewyne ‘n lewensmaat vir die res van hulle lewe soek, nooit hulle maat verkul nie, ‘n nes vind, en bedreigings soos robbe die hoof bied.

Om hierdie kaartmannetjies te sien waggel terwyl hulle deur hulle bestaan skommel, met rotse afgly, in ‘n skool sardiens verdwaal en hulle knuppeldik eet, net om later te verveer… selfs eiers te lê, is weergaloos. Ek het na PENGUIN TOWN begin kyk omdat ek moes, om balans na die resensies te bring, dat dit nie net oor koekie-in-die-hoekie misdaadreekse gaan nie, en hierdie reeks het my, en vriende wat ook selde na dokumentêre films kyk, vanaf die openingskote in die Kaap vasgenael te hou. Kinders, grootmense, oupa, ouma, die kat, die hond, sal in betowering na hierdie veersoldaatjies staar wat elke dag net-net oorleef.