Perry Mason (Reeks / Showmax)

Perry Mason (Reeks / Showmax)

Nou moet jy jouself staal, want PERRY MASON, sal jou klippe laat kou. Wat gebeur as ‘n advokaat vir die verdediging, wat sy lyf ook privaatspeurder hou, onder sy film-noir-hoed uitloer en die ontvoering van, en moord op ‘n baba moet oplos. Mens hoop net nie sy stoppels kom in die pad van sy logika nie. PERRY MASON is baie lof toegeswaai. Dis gelaai met atmosfeer, donker verwikkelinge wat van die een knoop na die ander beweeg, en moord op sy allerergste uitbeeld.

En moenie die kwinkslae of sogenaamde film noir-eenlyners vergeet nie. Niemand kan so sinies, gevat of slim wees soos film noir nie. Matthew Rhys is uitmuntend in PERRY MASON, elke episode is ‘n uur lank en dit sal voel of jy in sement bad en jou met ‘n doringbos afdroog. Let op waarskuwings oor erge geweld, seks, naaktheid en taal.