Peter Rabbit 2: The Runaway

Peter Rabbit 2: The Runaway

PETER RABBIT 2: THE RUNAWAY is soos daardie opstel wat jy geskryf het, dan krap die juffrou in ‘n dik rooi pen: “Kan gaan, maar sal hopelik verbeter. 50%.”Jy skraap dus op jou boude se velle deur. Dié slag is die stoutste hasie in Engeland wipstertjie-moeg vir ‘n idilliese bestaan op die platteland. Dit keer hom nie om slapstick te misbruik nie. Mens hou later op om te tel hoeveel keer die held oor sy voete val. Charlie Chaplin en Buster Keaton het slapstick vervolmaak en min kan daarop verbeter.

Dit beteken nie dat die kleinspan nie daarvan sal hou nie.  Dis ‘n gegil en ‘n gerondkerjakker en ‘n geval wat jou die hasepad wil laat kies en, beslis nie na ‘n worteltuin toe nie. Maar kinders moet ook iets hê om hulle van die televisie en hulle fone weg te hou en PETER RABBIT 2: THE RUNAWAY sal dit regkry.