PINOCCHIO

PINOCCHIO

Ek moet ouers BAIE ernstig waarsku teen PINOCCHIO. Eerstens, dit is NIE ‘n animasiefliek nie, en daar is geen pret aan verbonde nie. Ons is dalk gewoond aan die animasie of vrolike tekenprentjie waar sy neusie in elke toneel groei. In die nuwe PINOCCHIO is dit lewende aksie, en is die verhaal nader aan sy wortels en sy oorspronklike dikwels wrede en realistiese temas.

PINOCCHIO is BAIE donker en wreed, en is beslis NIE geskik vir kinders onder 12 nie. Moet dus nie met die hele gesin daar opdaag nie. Jy sal jou misgis. Dis ook ‘n baie lang sit, en die storie loop wye draaie om al die kommersiële elemente. Dis dikwels wreed, skemerverlig met wrede karakters, en Pinocchio is ook nie die oulike knaap waaraan jy gewoond is nie. Sy neusie groei net een keer in 2¼ uur, en hy en Geppetto sien mekaar maar selde. Dis NIE geskik vir kinders nie.