Playing With Fire (Rolprent / Showmax)
Playing with fire

Playing With Fire (Rolprent / Showmax)

PLAYING WITH FIRE sal jou lagspiere laat smeul. Dis superpret vir oud en jonk. Ek het nie veel daarvan gehou nie, maar gesinne, teenoor wie ek gewaag het om die film te kritiseer, het my luidkeels uitgelag en gevra of hulle ‘n sin vir humor elektronies aan my kan oorplaas. Dit gaan oor brandweermanne wat meer as net vure moet blus wanneer drie kinders hulle lewe in klein vuurtjies laat ontvlam. Dis diep-uit-die-maag-lag-gemaksone-vermaak. John Cena wys hy kan komedie hanteer.