15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Fliekrubriek | POKER FACE (Reeks)

POKER FACE (Reeks)

18 Augustus 2023
7/10
16
Regisseurs: Rian Johnson, Iain B. MacDonald
Akteurs: Natasha Lyonne, Benjamin Bratt, Simon Helberg, Pedro Hollywood, Adrien Brody, Ellen Barkin, Joseph Gordon-Levitt, Ron Perlman, Chloë Sevigny, Nick Nolte, Judith Light, Luis Guzmán, Rhea Perlman

POKER FACE is ‘n veelbesproke reeks. Dis glad nie wat jy verwag nie. ‘n Kamermeisie loop die suite binne van ‘n casinokliënt. Sy sien iets op sy rekenaar wat haar tot in haar siel skok. Sy vertel dit vir haar bestuurder, wat belowe om dadelik tot aksie oor te gaan. So iets kan nie geduld word nie.

Maar dan verander sake dramaties. ‘n Kelnerin gryp in om ‘n geheim op te los. Adrien Brody en Benjamin Bratt lewer knap spel. Maar dis Natasha Lyonne wat uitblink as die meisie wat besluit om die waarheid oop te krap.

Dis ‘n glansryke reeks wat so glad soos ‘n paling oor jou TV-skerm glip. Die een kinkel volg die ander op so vinnig soos visbyte, en uiteindelik draai die reeks in ‘n rigting wat jy dit nie verwag nie. Die skepper, Rian Johnson, was verantwoordelik vir Knives Out en Glass Onion. Dit is boeiend op ‘n kunsmatige manier, en is die soort reeks wat jy saans kyk wanneer jy moeg gewerk is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: