Purple Hearts

Purple Hearts

Netflix se vollengte speelfilm PURPLE HEARTS is ‘n onverwagse treffer. Dis die eerste rolprent wat Ryan Gosling se THE GRAY MAN onttroon as hulle nommer een film. Dit gaan oor ‘n aantreklike soldaat wat verlief raak op ‘n sangeres met suikersiekte. Om te sorg dat sy geld kry vir haar medisyne, trou hy met haar. En dis waar die probleme begin.

Die rolprent is verrassend anders en trek nuwe klere vir ‘n ou Romeo en Juliet-storie aan. Daar is ‘n lekker vonk tussen Nicholas Galitzine en Sofia Carson. Hulle dialoog is spitsvondig en lei tot lekker konfrontasies. Die fliek loop nie die pad wat jy verwag nie, behalwe teen die einde.