Quantum Leap (Reeks / Showmax)

Quantum Leap (Reeks / Showmax)

Onthou jy nog die Scott Bakula TV-reeks in 1989 toe ‘n wetenskaplike tydspronge kon doen, en homself na ‘n ander tydperk verplaas? Die kinkel in die kabel was dat hy die een oomblik ‘n ruimtevaarder was en dan skielik ‘n bokser. Die resep bly steeds dieselfde in die nuwe reeks van QUANTUM LEAP, maar dié slag met ‘n ander held, sjarmant gespeel deur Raymond Lee. Hy sit egter die dapper doktor se klere glad nie so vol so Bakula nie.

Nietemin, met meer moderne tegnologie as destyds, bly dit opwindend en anders. Dis nie die soort reeks waarvoor ek spesiaal sou inskakel nie, maar as jy roulette met jou afstandbeheerder speel, en jy klik QUANTUM LEAP raak, dis vrolik, beweeg vinniger as wat ‘n slaggat in ons paaie vorm, en vermaak kunsmatig.