RAMY (Reeks)

RAMY (Reeks)

In RAMY op Showmax wil ‘n Moslem-man ‘n normale lewe voer in moderne Amerika. Hy probeer uitpluis wie hy is, wil nie noodwendig met ‘n Moslemvrou trou nie, en het onortodokse idees. Ramy Youseff is puik as die hoofkarakter, veral met sy oorblufte maar nonchalante, komiese reaksie as hy probeer sin maak uit die huwelik tussen Moslem en doodgewoon Amerikaans wees. Dit is skreeusnaaks. Dis soos om ‘n grondboonntjiebotter-toebroodjie te eet en na die tyd nog die grondboontjies van jou tande af te lek.