RAY

Die Oscarfliek wat vandag begin, is RAY. Dit handel oor die lewe van die Jazz en Blues-musikant, Ray Charles Robinson. Hy het blind geword op ‘n vroeë ouderdom maar het ten spyte daarvan die top van die musiekleër bereik. Maar sy geskiedenis was nie smetteloos nie. RAY vertel wat gebeur het en vier Ray se onsterflike musiek.

JAMIE FOXX speel Ray Charles ongelooflik realisites en dit is feitlik ‘n uitgemaakte saak dat hy ‘n Oscar gaan wen. Dit alleen maak RAY die moeite werd om te sien. Aangrypend, kleurvol met woema en voeteterg musiek: RAY is ‘n knap rolprentbiografie en wys nou naby jou.