Recipes for Love and Murder (Reeks)

Recipes for Love and Murder (Reeks)

RECIPES FOR LOVE AND MURDER op M-Net kom van die gewilde Tannie Maria-moordromans wat in die Karoo afspeel. Dit gaan oor die dierbare tannie Maria, bobaas koeksisterbakster,  wat ‘n koerantkolom hanteer en lesersprobleme bespreek. Maar wat gebeur wanneer die tannie met die lekker beskuit en die troetelhoender by moord betrokke raak?

Dit bewys net: as ons regtig wil, en as ons die regte begroting kry, want dis ‘n koproduksie met Brittanje, kan ons dit uitbundig doen. Die Karoo het lanklaas so sonnig en mooi gelyk, en op ‘n enkele uitsondering na is al die akteurs nommerpas vir hulle rolle, veral die Britse Maria Doyle Kennedy, terwyl Arno Greeff elke toneel steel waarin hy is.