Reminiscence

Reminiscence

Met REMINISCENCE (met Hugh Jackman as ‘n growwe, beneukte film noir speurder) moes ek nadese die storie naslaan om uit te maak presies wie wát met wie gedoen het. ‘n Soort sielkundige/dokter/wetenskaplike kuier in mense se geheues en gedagtes rond. Daar ontdek hy talle geheime en flankeer hy soms met sy geliefde. Maar wat gebeur as hy die geliefde verloor? Eerlik? Ek weet nie. Dan vry hy met sy verlore liefde in hulle albei se gedagtes, dan baklei hy op virtuele platforms met die skurk, dan raak jy so deurmekaar soos ‘n eier in ‘n eierklitser, en tussenin is daar sexy musiek, donker fotografie en ‘n storie wat soveel sin maak soos die onlangse plundery in ons land. Ek sou níé my geld op REMINISCENCE mors nie.