15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Fliekrubriek | Reptile (Netflix)

Reptile (Netflix)

6 Oktober 2023
5/10
16
Regisseur: Grant Singer
Akteurs: Benicio Del Toro, Justin Timberlake, Eric Bogosian, Alicia Silverstone, Domenick Lombardozzi, Frances Fisher

Die reklame vir die REPTILE is misleidend. Dit lyk na ‘n glansryke, pakkende speurverhaal met groot sterre wat ‘n raaiselagtige moord moet oplos. Ongelukkig raak dit so uitgerek soos ‘n kettie in ‘n boerseun se hande op die plaas. Dis so stadig en vermoeiend jy moet soms vuurhoutjies tussen jou ooglede plaas om wakker te bly.

Wanneer ‘n pierewaaier se vrou vermoor word, daag ‘n hardebaardspeurder op om die skuldige vas te trek. Almal vermoed dis die vrou se eggenoot (gespeel deur ‘n lig in die broek Justin Timberlake) wat die moord gepleeg het. Maar kort voor haar dood ontdek die vrou ‘n slangvel in haar huis.

Teen die tyd dat jy uitvind wat gebeur het en wie het dit gedoen, stel jy regtig nie eintlik meer belang nie. Reptile is net daar om ‘n leë ruimte te vul.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: