15:05 - 15:20

Middagvervolgverhaal

Nou op die lug: 15:20 - 17:30

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:30 - 18:30

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

18:30 - 19:00

Spesiale uitsending

Tuis | Fliekrubriek | RESIDENT EVIL: APOCALYPSE

RESIDENT EVIL: APOCALYPSE

14 Januarie 2005
/10
Almal
Regisseur:

Ek het besluit om my oë eendag aan ‘n museum te bemaak… want min oë het al meer gemors gesien as myne.Jy worstel deur RESIDENT EVIL: APOCALYPSE, en jy dink: ek moet ‘n donkerbril opsit om my korneas te beskerm. Dis ‘n vervolg op RESIDENT EVIL. Nou hoor ek julle sê: MILLA JOVOVICH speel die hoofrol. En met daai bene, wie gee om? Sy paradeer in ‘n skraps minirokkie, dus maak dit nie SAAK wat in die fliek gebeur nie.

Ek het nuus vir julle. Mens kan net SO lank na ‘n mooi meisie kyk voor jy meer substansie soek. En RESIDENT EVIL 2 is maklik een van vanjaar se klipkopflieks. Hoekom word dit nou uitgereik? Om almal te vang wat nog in ‘n fliek-laaglê bui is. Dit gaan oor virusse wat mense in zombies verander.

Ek dink die filmmakers moet deur die virusse verorber te word. En ek hoop een van daai virusse takel die rekenaar waarop die storie uitgedink is, sodat daar nie ‘n nommer 3 kom nie. RESIDENT EVIL is snert. Dit kry 3 uit 10… Hoekom nie 1 nie? Milla Jovovich, dis hoekom.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: