Robbie Williams (Reeks)

Robbie Williams (Reeks)

Jy moet aan permanente beurtkrag ly, en vir weke lank in ‘n slaggat weggekruip het, om nie van Robbie Williams te weet nie. Hierdie ikoniese popster is blatant uitdagend, verwaand, gee nie ‘n vlieënde vy om nie, sê sy sê, en foeter van een musiekavontuur na ‘n ander voort.

In ROBBIE WILLIAMS, die dokumentêr, leer ‘n mens meer oor hom. Maar in sy eina-klein stertriempie, meet stert as riempie, onderhempie en meer tatoes as in ‘n inkleurboek, verkyk jy jou so aan hom, dat dit ‘n ruk neem om te konsentreer op wat hy kwytraak. Hy verduidelik sy meteoriese opgang, en in ‘n vervelige episode 2 geniet hy sy roem en sexy uitrustings, wat min aan die verbeelding oorlaat. Maar dit is eers in episode 3 dat hy die prys vir sy roem betaal.

ROBBIE WILLIAMS is gemiddelde dokumentêre vermaak op Netflix.