Sanditon (Reeks)

Sanditon (Reeks)

SANDITON gaan oor die impulsiewe, maar uiters beskaafde heldin Charlotte Heywood, gespeel deur die pragtige Engelse rosie, Rose Williams. Sy raak telkens op die verkeerde mans verlief. Wanneer sy besluit om uiteindelik te trou, kies sy natuurlik die verkeerde man. In die drama, wat rondom 1812 afspeel, kies almal die mees onwaarskynlike voorgenome eggenote. Sal sy betyds tot haar sinne kom? En sal die veelbesproke hotel die dorp se voorkoms onherkenbaar verander, en arm mense ontwortel?

Jane Austen het nooit hierdie roman voltooi voor haar dood in 1817 nie, maar dit het televisievervaardigers nie gekeer om hierdie stylvolle, gesofistikeerde Britse drama oor partytjies, klasseverskille en stywe bolip karakters verder te voer nie. Dis vir mense wat van kunsreekse hou.