Scent of a Woman (Rolprent / Netflix)
Scent of a Woman

Scent of a Woman (Rolprent / Netflix)

Wie onthou nie SCENT OF A WOMAN nie? Die rolprent waarvoor Al Pacino ‘n welverdiende Oscar gewen het? Wat gebeur wanneer ‘n jong lat ‘n blinde man moet oppas, en hy boonop deur Al Pacino gespeel word wat vloermoere in ‘n alledaagse gebeurtenis omskep het. En sal jy die tango met die beeldskone Gabrielle Anwar oorleef, want dit is die fliek se ikoniese hoogtepunt?

Ja, ek weet baie mense het dit al gesien, maar dalk wil jy jou lAaitie of meisiekind aan iets met meer om die lyf voorstel as The Kissing Booth 2 se piksoentjie deur dik lipstiek. Dan is SCENT OF A WOMAN so lekker soos ‘n piekniek op die strand met die son voluit op jou lyf.

Die vonk tussen Chris O’Donnell as die oningeligte jongeling wat deur die brawe, beneukte weermagoffisier in die kuns van die liefde en die lewe opgelei word, sal jou opnuut betower. SCENT OF A WOMAN is ‘n properse volbloed-rolprent. Jy sal nie spyt wees nie.