Schitt’s Creek (Reeks / Netflix)

Schitt’s Creek (Reeks / Netflix)

Niemand kan die sukses agter die bekroonde komedie SCHITT’S CREEK verklaar nie. Dit het pas ‘n rekordgetal Emmy’s gewen in elke moontlike afdeling. Die storie is peusel-proe-prikkelend. ‘n Skatryk familie verloor alles. Jare gelede het hulle, as ‘n grap, ‘n dorpie genaamd Schitt’s Creek gekoop.  Nou moet hulle sak en pak na die dorp in die middel van Spanner Valley verhuis. Die dinge wat met die verwaande pa (Eugene Levy) die ma wat haar verbeel sy’s ‘n ster (Catherine O’Hara), hulle gay seun en bedorwe lipstiek-besmeerde dogter, het die wêreld drillend van die lag. Dis regtig snaaks omdat die karakters so verrassend anders is, die situasies so buitengewoon, die humor en kwinkslae so verweef soos koeksisters en die sêgoed soos handgranate wat na mekaar gegooi word. Elke episode is 30 minute lank, en jy sal vasgegom raak aan jou skerm. Jy sal so lag, jou kleintongetjie sal ‘n identiteitskrisis beleef. Raak gaande daaroor en lag jou sorge in hulle glorie in.