05:00 - 05:30

RSG Landbou

Met Lise Roberts

Nou op die lug: 05:30 - 05:55

Musiek op RSG

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 08:00

Monitor

Met Anita Visser , Gustav Greyling

Tuis | Fliekrubriek | Shang-Chi and the Legend of the Ten Rings

Shang-Chi and the Legend of the Ten Rings

10 September 2021
8/10
13 L V
Regisseur: Destin Daniel Cretton
Akteurs: Simu Liu, Awkwafina, Tony Chiu-Wai Leung, Ben Kingsley, Michelle Yeoh

SHANG-CHI AND THE LEGEND OF THE TEN RINGS klink dalk vir jou na ‘n kung fu-drama wat net uit gevegte bestaan, maar dit is ver van die waarheid. Dit gaan oor ‘n broer en suster wat vervreem is van hulle streng pa.

Die broer (Simu Liu) neem sy histeriese snaakse meisie (Awkwafina) saam om te help in sy stryd teen die Tien Ringe-oraganisasie. Jy het lanklaas ‘n joliger karakter gesien wat balans bring na ‘n strydlustige film. Boonop slaan SHANG-CHI AND THE LEGEND OF THE TEN RINGS ‘n lekker slag vir flieks oor vroueregte, want dis veral vroue wat die manne help om oorlog te voer.

Daar is ongelooflike gevegstonele wat só goed gechoreografeer is, jou oë kan beswaarlik die aksie volg. Maar die rolprent is gebalanseerd, menslik, opwindend, snaaks en gesaghebbend. Jy kan die reuse-gevegte in hierdie epos net in ‘n teater waardeer. Moenie wag dat dit op TV kom nie. Dis tien maal beter as wat jy verwag.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: