SHE HATE ME

‘n Rolprent waarvoor jy BAIE versigtig moet wees, is SHE HATE ME deur die berugte Spike Lee. Deur net die storie te vertel kan jy reeds agterkom dat die tema jou kan aanstoot gee. ‘n Man verloor sy werk. Dan bied hy sy dienste aan lesbiërs om hulle swanger te maak, maar hulle moet betaal daarvoor. Die rolprent kan baie luisteraars ontstel, dit stereotipeer karakters en is moedswillig kwetsend. SHE HATE ME is op ‘n baie beperkte gehoor gerig. Dit wys in een kunsteater en kan sterk teenreaksie tot gevolg hê.