Shetland (Reeks / Netflix)
Shetland

Shetland (Reeks / Netflix)

SHETLAND is een van my gunstelingreeks. Soos Murder She Wrote speel dit op ‘n skilderagtige dorpie af. Natuurlik is niks so mooi of eenvoudig soos dit lyk nie! En ‘n speurder moet op hierdie prentjiemooi eilande probeer agterkom wie die moord gepleeg het. ‘n Ou vrou word vermoor. Hoekom sal iemand ‘n lieftallige ou tannie wil omklits? Ons speurder, ‘n doodgewone ou, kry snuf in die neus dat ‘n familietwis aanleiding tot die moord gegee het, maar hoe bewys hy dit?

SHETLAND is wat ons noem ‘n “cozy mystery”, dus is daar niks wreedaardighede of iets wat jou sal omkrap nie. Net ‘n moord wat gepleeg word, ‘n reeks verdagtes, en ‘n slim speurder wat die omelet weer uitmekaar moet haal en die gebreekte eiers ondersoek. Ek kan net sê: ek het die speurder voorgespring en weet wie dit gedoen het. SHETLAND is ‘n lieflike reeks. Jy sal vir 90 minute snoesig daarna kyk en dalk reg raai.