Nou hier is ‘n swaargewig TV-reeks wat jou voor die kassie vasgenael sal hou. En dan spog dit boonop met ‘n vrou wat Tom Cruise verskeie kere in sy Mission Impossible-films gebruik het: Rebecca Ferguson. SILO is ‘n hardebaard, of sou dit stywe-rug-reeks wees, wat in die toekoms afspeel.
Meer as ‘n eeu gelede het mense ‘n silo gebou wat tans 10 000 mense huisves. Dit beskerm hulle teen ‘n klaarblyklike toksiese buitewêreld, of… word hulle mislei? Dan besluit een dapper vrou om uit te gaan en die atmosfeer te toets…
Wat in SILO opval, is die uitmuntende stelle, die produksie-ontwerp en magtige silo en ondergrondse tonnels, wat spesiaal vir die reeks gekonstrueer is. Dit sal jou asem wegslaan, indien die lenige, gespierde Rebecca Ferguson dit nie doen nie. Hier is nou ‘n vrou wat énige man die loef kan afsteek. SILO word sterk aanbeveel.