Sing 2

Sing 2

SING 2 in 3D, is die vervolg op die baie gewilde SING. Dis weer eens ‘n animasiefilm, wat beteken jy kan die kinders soontoe neem. Dit gaan oor Buster Moon, een van die dapperste diertjies in animasie, wat moet probeer om die rockster, Clay Calloway, te oortuig om saam met hulle aan ‘n nuwe vertolking deel te neem. Onthou jy nog hoe mooi die diertjies in die eerste animasie gesing het, met van die mooiste popliedjies deur bekende stemme. Dit gebeur weer. SING 2 is die soort fliek waarheen ek die kleinspan sal neem.