SIX MINUTES TO  MIDNIGHT

SIX MINUTES TO  MIDNIGHT

SIX MINUTES TO  MIDNIGHT is gegrond op die ware verhaal van Nazi’s wat hulle dogters gedurende die Tweede Wêreldoorlog na Engeland gestuur het om in te skryf by ‘n afrondingskool. Die gruwels van die Nazi’s, hulle ideologieë en die streng konserwatiewe, demokratiese kultuur en Britse tradisies by ‘n Engelse skool (onder die ysterhand van Judi Dench) is omtrent so ver uitmekaar as boerewors van nastergaltertjies. Natuurlik bots die kulture as dit uitkom dat een van onderwyseresse eintlik ‘n spioen is. SIX MINUTES TO  MIDNIGHT is onderspeel en beweeg tydsaam, wat beteken dis ‘n kunsfilm sonder te veel aksie.