SOUL

SOUL

SOUL is anders as die ander Disney-fliek waaraan jy dalk mag dink. Dit gaan oor ‘n musikant wat nie meer lus is vir musiek nie. Om die waarheid te sê, hy het sy passie vir musiek verloor. Dan verlaat sy siel sy liggaam en gaan hy op ‘n rare avontuur wat in animasievorm uitgebeeld word. Die film het twee regisseurs, en die tekeninge is met ‘n rekenaar gedoen en is mooier as enigiets wat jy vanjaar gesien het.

Dit gaan oor ‘n siel wat besef hy het nie meer ‘n doel in die lewe nie. Wanneer hy in die Hiernamaals aankom, word hy geleer hoe kosbaar die lewe eintlik is, en dat ‘n mens ‘n doel in die lewe moet hê. Dit bewys ook hoe kosbaar die klein dingetjies in die lewe is. SOUL is dus meer op volwassenes gerig wat die filosofieë sal verstaan en kan verteer, maar daar is genoeg tonele, veral met ‘n kat en komponis wat liggame ruil, wat die kleintjies sal vermaak. Dit is manjifiek.