Squid Game (Reeks)

Squid Game (Reeks)

Tot dusver is SQUID GAME uit Suid-Korea amper 120-miljoen keer gekyk. Dit is bloeddorstig wreed, dus word jy ernstig gewaarsku. Dit gaan oor mense wat geld skuld, en dan verlei word om ‘n brutale reeks bloeddorstiige speletjies met ‘n prysgeld as verlokking te speel, waar honderde mense sterf. Dis super-innoverend en oorspronklik. Mense wat van Koreaanse-verrassings hou sal gek wees oor die kinkels, maar ongelukkig ook wreedheid. Die speletjies is verstommend wreed en siek. Maar SQUID GAME is verstommend en verwoestend, nes Parasite. Jy mag verstom wees oor die vindingrykheid waarmee die wreedaards vorendag kom.

Ek moet waarsku dat SQUID GAME van kinders af weggehou moet word, en veral sensitiewe mense uiters kan ontstel. Alhoewel ouers die subteks sal raaksien, mag dit kinders nadelig beïnvloed. Squid Game is goed, maar gevaarlik