SUMMERLAND

SUMMERLAND

SUMMERLAND is ‘n onberispelike en stewige rolprent wat tydens die Tweede Wêreldoorlog afspeel. Dit gaan oor ‘n seuntjie wat uit Londen vlug en by ‘n ongetroude skryfster op die platteland tuisgaan. Sy leer hom hoe om moeilike tye te oorleef deur na Summerland te ontsnap. Maar wat is Summerland? Gemma Arterton gee oortuigend gestalte aan die gefrustreerde skryfster wat nie die seun by haar wil hê nie, maar gou vind hulle aanklank bymekaar en ‘n vriendskap ontstaan. Maar wie is die geheimsinnige vrou in die skryfster se verlede?