Sweet Tooth (Reeks)

Sweet Tooth (Reeks)

As ek die term, sweet tooth, waaraan dink ek dadelik? Natuurlik lekkergoed. Maar in SWEET TOOTH se geval is dit ‘n soettand van ‘n ander aard. Klink dit watertandlekker? In hierdie geval gaan dit oor ‘n pandemie, ‘n woord wat ‘n mens nie meer wil hoor nie, wat besig is om die wêreldbevolking uit te wis. Dan begin kinders wat gebore word om te muteer. Hulle kry bokhorinkies soos ‘n takbok, of hulle gesiggies lyk soos katjies of diertjies, maar hulle het dierbare geaardhede. Hulle is dus nie gevaarlik nie, maar mense wil hulle gevange neem en bestudeer want hulle oorleef die pandemie. Natuurlik vlug die klompie. Wanneer ‘n seuntjie se pa doodgaan en ‘n groot man hom aanneem? Wat dan?

SWEET TOOTH neem miskien vir kleintjies ‘n ruk om aan gewoond te raak (onthou die beperking is 13) maar as jy jou eers snoesig tusgemaak het, voel dit of jy in stroop swem. Dis gegrond op ‘n strokie, en die kinders se avonture is gewaagd en groter as die lewe self. Boonop is die natuur beeldskoon en die seuntjie met die takbokhorinkies is ‘n uitstekende speler. SWEET TOOTH word aanbeveel. Suid-Afrika se Neil Sandilands is byna onherkenbaar daarin as ‘n generaal met ‘n baard.