Soek met jou afstandbeheerder deur die reekse op AppleTV+, en TED LASSO eis sommer jou aandag. Ook omdat dit reeds 11 Emmy-toekennings verower het, en op almal se moet-sien-lysie is. Dit trek reeds by reeks 3, en het veral sportliefhebbers gaande wat soms rêrig voor die televisie bokspring.
Wees versigtig. Dis nie almal se hamburger met slaptjips nie. Om die waarheid te sê, dis eerder ‘n aangeleerde smaak soos die uieringe rondom die hamburger. Genoeg om te sê dit gaan oor die onvoorspelbare en humeurige, dog toeganklike Ted Lasso. Hy is ‘n sokkerafrigter, wat in die eerste reeks van Amerika Londen toe gestuur word, om ‘n sukkelende sokkerspan, eintlik almal verloorders, in wenners te omskep.
Nie eers ‘n moersleutel sal die vloermoere uitmekaar kan draai nie, so baklei die manne. Die tonele vlieg vinniger by jou verby as ‘n bal wat ‘n net tref.
Al probleem is: Arme Ted Lasso leer sy heiland sommer oornag ken, en besef hy is dieper in die sop as ‘n lepelvol windverwaaide boontjies.
TED LASSO is ‘n moet-kyk.