11:30 - 12:00

Gesondheid

Met Marí Hudson

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Johan Rademan , Martelize Brink

14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

Tuis | Fliekrubriek | The 355

The 355

7 Januarie 2022
7/10
16 L V
Regisseur: Simon Kinberg
Akteurs: Jessica Chastain, Lupita Nyong’o, Diane Kruger, Penélope Cruz, Sebastian Stan, Edgar Ramírez

THE 355 gaan oor ‘n paar gedugte vroue wat mekaar skiet, skop, karnuffel, baklei, uittrap en ‘n nuwe betekenis aan die woord feeks gee. Hulle steek mekaar in die rug, hernu en breek dan weer vriendskappe, maar uiteindelik besef hulle: vroue moet saamstaan. Daarom, THE 355, al klink die titel omtrent so ver van vroulikheid af as beurtkrag van ‘n toffie-appel, is dit ‘n film oor gedugte vroue vir sterk vroue.

Kyk na hierdie rolverdeling: Jessica Chastain wat mans voor brekfis met woestersous verorber; die beeldskone Penélope Cruz wat maar net haar been met die spleet in haar rok hoef te flits om jou dae lank te laat fantaseer; Lupito Nyong’o, die Afrika-aktrise wat met 12 Years a Slave soveel fenomenale naam gemaak het en ‘n Oscar gewen het. Sy is die slimkop tussen die waaghalsige taai vroue.

Dan is daar die yskoue maar rots-steenharde Diane Kruger, so warm soos daai kole waarop jy ‘n tjoppie in die wildtuin gebraai het, wat nuwe betekenis aan die woord ysblond gee. En dan is daar kougom vir die vroulike oog ook, die supersexy Sebastian Stan met die kolwynjie-lekker-glimlag, en Edgar Wright met die manlike weerbaarheid.

As die storie jou nie boei nie, en dis onwaarskynlik, sal die mooi mense jou fassineer.  THE 355 is vroue-aksie soos jy dit selde tevore gesien het. Hierdie kaatjies sal jou oë uitkrap met rooi lippies wat tuit.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: